Skool fooie vir Graad RR – 7
R 1300.00 per kind per maand oor 11 maande, of R 14 300.00 vir die hele jaar vooruitbetaalbaar. 10% korting van R1430.00 indien skoolgelde voor 17 Februarie vereffen is
Naskool
R 650.00 per kind per jaar betaalbaar oor 12 maande, of eenmalig R7 800.00 vir die jaar vooruitbetaalbaar. 10% korting van R 780.00 indien skoolgelde voor 17 Februarie vereffen is
Graad RR-R en Naskool gelde is verpligtend, geen kwytskelding of korting word toegestaan vir Graad RR-R Leerders of enige naskool gelde nie
Laerskool Pierneef kan net funksioneer met die samewerking en skoolfonds van ons Pierie ouers en vertrou dat elkeen saam wil bou en deel hê aan ‘n beter skool vir ons kinders. Vir ouers van Graad 1-7 leerders wat weens finansiële redes nie die skoolgelde in geheel of gedeeltelik kan betaal nie, moet die voorgeskrewe vrystellingsvorm wat by die skoolkantoor beskikbaar is, ingevul en ingedien word.
Betalingsmetodes:
- Direkte inbetaling of EFT.
- Debietorder: Ouers reël asb self by u bank.
- Kaartfasiliteit: Kaartmasjien is beskikbaar by die finansies kantoor.
- Kontant: Ouers moet asseblief by die kantoor inbetaal vir veiligheidsredes.

| Bankbesonderhede | ||
| Bank: | ABSA | |
| Rekeningnommer: | 050 267 911 | |
| Takkode: | 63005 | |
| Verwysing: | Kind se inskrywings nommer | |
Kontak admin@laerskoolpierneef.co.za of finansies@laerskoolpierneef.co.za vir meer inligting.