Kleine Pieries

Kleine WapenLaerskool Pierneef se Kleine Pieries gaan skool by Pierneef Pre-Primêr. Nie net is ons skool se onderrig en akademie van die hoogste gehalte nie, maar Kleine Pieries word omvou in ‘n kreatiewe, liefdevolle omgewing deur passievolle en uiters bekwame juffrouens. Die klein Graad R’e volg die CAPS kurrikulum om seker te maak dat hulle die groot skool kan aanvat op die voorvoet.


By Pierneef Pre-Primêr leer ons kinders speel-speel.


Nog ‘n voordeel is dat alhoewel die kleintjies eenkant van die Laerskool is, is hulle steeds deel van al die aktiwiteite en gebeure en word hulle op ‘n veilige manier blootgestel aan alles wat ‘n Laerskool behels.


Ons kinders blink nie net akademies later uit nie, maar kry ook die geleentheid om aan sport- en kultuur aktiwiteite deel te neem en vir diegene wat se energie bloot net nie opraak nie, is daar baie buitemuurse aktiwiteite wat hulle addisioneel kan aanpak.


Vir die ouers wat heeldag moet werk is dit ook besonders gemaklik, want ons het ‘n nuut-gemeubeleerde Naskool reg langs die Graad R’e en daar is elke middag een van die onderwyser aan diens. Vir meer inligting, of om sommer ons puik onderwysers in aksie te sien, kyk gerus na ons videos hier onder en maak jou kind deel van ‘n baie spesiale plek in die Moot – Pierneef Pre-Primêr.

https://www.laerskoolpierneef.co.za/wp-content/uploads/2021/12/Inligting-rakende-die-heropening-van-die-skool.pdf

https://www.laerskoolpierneef.co.za/wp-content/uploads/2021/11/Kleine-Pierie-Brief.pdf

https://www.laerskoolpierneef.co.za/wp-content/uploads/2021/11/Bekendstellingsbrief-2022.pdf