Verkoop tye: Dinsdae & Donderdae tweede pouse
Woensdae 7:00 – 7:30
Tweede handse klere wat aan die skool geskenk word.
Geen klere kan omgeruil word vir ander klere nie.
Die fondse wat geïn word, word gebruik vir die voedingsprojek.
Alle klere word sover moontlik herstel en gewas voordat dit in die klerebank opgeneem word.
Die klere is in ‘n goeie kondisie en die pryse is billik.
Kom kyk gerus wat ons alles het. Julle kan baie geld spaar.
Verlore Klere
Alle verlore klere word daagliks uitstal en gebêre in die bruin krat by die media sentrum. Stuur asb. u kind om gereeld te gaan kyk as hy/sy iets verloor het.
Ons doen ‘n beroep op ouers om asb. alle klere duidelik te merk. Dit maak dit baie makliker vir verlore goedere om hul eienaars te vind.