Bedinge en Voorwaardes:
- Eerste Prys sluit slegs die akkommodasie in, vervoer en enige ander kostes is uitgesluit.
- Laerskool Pierneef aanvaar geen verantwoordelikheid vir die gebruik van enige fasiliteite nie, het sy as besoeker of genooide, beskadiging, verlies van watter aard ookal of enige ander skade tydens die besoek of verblyf by Sanlameer.
- Beskikbare datums sal deurgegee word aan die wenner.
- Akkommodasie prys moet binne 6 maande opgeeis word vanaf die trekkings datum. Pryse kan nie omgeruil word vir kontant nie.
- Die toegekende week is buite seisoen en sluit langnaweke, en skoolvakansies uit
- Verblyf onderhewig onder die regulasies van die bestuur van Salmameer en is onder andere:
- Gaste aanvaar volle verantwoordelikheid vir skade deur hulle veroorsaak op/aan eiendom, of toerusting.
- Onder geen omstandighede sal meer as 8 mense toegelaat word by die eenheid nie. (3 Slaapkamer eenheid)
- Rook is streng verbode in die eenheid.
- Geen troeteldiere word toegelaat behalwe gidshonde nie.
- Wees asseblief bedagsaam teenoor ander gaste deur geraasvlakke so laag as moontlik te hou.
- Aankomstyd Sondag nie voor 14h00, en uitkloktyd 10h00.
- Tydperk is vir 7 dae vanaf ‘n Sondag tot ‘n Sondag.
- Linne en badhandoeke word voorsien.
- Bring asseblief eie strandhandoeke
- Daar is n aankoms skoonmaak diens en n vertrek skonnmaak diens vir die res is die gaste self verantwoordelik.
- Kombuis ten volle toegerus.
- Daar is DSTV.
- Moet asseblief nie enige diere voer nie.
- Armbandjies by sekuriteit te koop vir gaste wat by strand wil ingaan, vir identifikasie doeleindes R10 per bandjie wat jy weer kan terugkry as jy bandjie inhandig.
- Gaste moet ingeteken word vooraf so almal se inligting plus kar se registrasie moet vooraf deurgestuur word.
- Sleutels is dan by ontvangs met aankoms beskikbaar.
- n Golfkar is beskikbaar vir gebruik van die gaste. Slegs persone met geldige bestuurslisensie mag dit bestuur.